HANTAM VLEISFEES

Calvinia is skaapwêreld en die laaste naweek in Augustus is almal en alles in en om die dorp in rep en roer wanneer die jaarlikse Hantam Vleisfees op Vrydag, 30 en Saterdag, 31 Augustus 2024 plaasvind.

SEDERT 1990

Calvinia, Noord-Kaap

Sedert 1990 toe alles begin het, was die hoofdoel om die heerlikste, geurige skaapvleis van die streek te bevorder.

Beslis ’n hoogtepunt op die kalender.

Sowat 400km vanaf Kaapstad (en net so ver van Upington) in die noordweste van ons land lê Calvinia. Destyds is besluit dat die verskillende snitte van die skaapkarkas in proe-porsies te koop aangebied sou word deur die onderskeie boereverenigings van die distrik met as beskermliggaam die Calvinia-Landbou-Unie. Daar sou by die vleiskos ook musiek en arena-vermaak aangebied word. Vanjaar se wenresep lyk nog nes daardie destydse een!

Heerlike Vleis

Jy kan jaarliks jou porsie van die lekkerste vleisgeregte kom geniet. Liplekker skaapkop, skaapstertjies, kliprib en vele meer. Calvinia bederf ons behoorlik.

Top Vermaak

Of jy nou wil skoffel of uitspan, maak seker jy kom doen dit in die hartjie van die Hantam. Van Klipwerf tot rieldansers en vele meer vir oud en jonk.

Aktiwiteite

Terwyl sommiges kan kompiteer met hul sterkman-spiere, is daar ook ‘n vleiseet kompetisie. Moenie vergeet van ons skoonheiskoninginge nie.